Afrikaanse Filosofie: Perspektiewe en dialoŽ

Front Cover
AFRICAN SUN MeDIA, Feb 19, 2016 - Philosophy - 316 pages
0 Reviews

Hierdie is die eerste boeklengte poging om ’n Afrikaanse filosofiese tradisie te beskryf binne die konteks van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, en om die geskiedenis van die filosofie internasionaal te interpreteer. In die proses word van die belangrikste Afrikaanse filosowe self aan die woord gestel. Dit is werklik ’n waardevolle kultuurhistoriese dokument en ’n enorme bydrae tot die intellektuele geskiedenis in Suid-Afrika.
Desmond Painter
Departement Sielkunde
Universiteit Stellenbosch†††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††

Oor ’n periode van amper twee dekades, wat nagenoeg saamval met die eerste twee dekades nŠ die einde van apartheid, het Duvenage in samewerking met sy gespreksgenote ’n merkwaardige tydsdokument saamgestel. Hierin blyk nie net watter boeiende denkarbeid in die skadu van apartheid deur hierdie denkers in Afrikaans en ander tale verrig is nie, maar ook watter reuse denkuitdagings die plaaslike konteks steeds stel.
Johann Rossouw
Departement Filosofie
Universiteit van die Vrystaat

 

What people are saying - Write a review

We haven't found any reviews in the usual places.

Contents

DialoŽ
40
Bibliografie
256
Indeks
291
Agterblad
307
Copyright

Common terms and phrases

About the author (2016)

Pieter Duvenage (gebore 1963) het in Suid-Afrika en Duitsland filosofie studeer. Nadat hy sy doktorsgraad in die filosofie in 1994 behaal het, doseer hy vanaf 1995 aan verskeie universiteite in Suid-Afrika, asook twee Australiese universiteite met kampusse in Suid-Afrika. Vanaf 2011 is hy professor en hoof van die Departement Filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat.

Bibliographic information